Die voorsiening van opvoedkundige en sosiale doelstellings, oogmerke en insette vir elke leerder wat hulle sal help met die ontwikkeling van hul maksimum potensiaal. Dit sal bereik word deur effektiewe en relevante onderrig in Afrikaans. Die skool is voorts ook verbind tot ’n eerlike, sterk werksetiek, ouerbetrokkenheid en respekteer die regte van elke leerder en rolspeler wat betrokke is by die skool.